VERVOERDIENSTE

Ons dienste - Voertuigverkope en -konsultasie

Voertuigtender

Die Universiteit Stellenbosch se Vervoerdienste wat in Banghoekstraat geleë is, sal Dinsdag 15 Maart 2022 ’n voertuiguitverkoping hou. Die voertuie kan tussen 08:30 en 16:00 besigtig word en alle skriftelike tenders moet voor 16:00 op daardie dag ingedien word.

Kliek hier om die voertuiglys te sien.

Kontak: Lelanie Langford 021 808 4675 vir verder inligting.

Amptelike voertuigtender

Alle US-voertuie word deur ’n skriftelike tender verkoop. Die voertuie kan op die bepaalde dag tussen 08:30 en 16:00 by die voertuigpoel by Banghoekweg 48 besigtig word. Tendervorms in verseëlde koeverte moet voor 16:00 op die tendersluitingsdatum by hierdie adres ingegee word. Alle tenders is aan sekere voorwaardes onderworpe.

Algemene voertuigverkope

Private voertuie kan deur Voertuigdienste geadverteer en verkoop word. Sou die voertuig verkoop word, sal kommissie van ten minste R1 000 per voertuig gehef word. Stuur alle besonderhede van die voertuig (jaarmodel, fabrikaat, kleur, prys en enige ekstras op die voertuig) asook kontaknommers aan llang@sun.ac.za met die onderwerp: Voertuig te koop en, byvoorbeeld, 2014 Hyundai Grand i10, Wit, 120 000 km, naam en selnommer.

Vir ’n lys motors wat tans te koop is, klik asseblief hier

Konsultasiedienste

By Vervoerdienste bied ons ’n aantal konsultasiedienste aan die universiteit se personeel en studente. Benewens die lewering van bystand met en raadgewing oor die koop en/of verkoop van voertuie, onderhandel ons ook mededingende pryse en finansiering vir voertuigaankope en onderhandel na-verkoop-diens.